Die Martin Baltimore is 'n tweemotorige bomwerper wat ontwerp was volgens Britse spesifikasies as 'n opvolger vir die Martin Maryland. Die vliegtuig is gebruik deur die Franse Lugmag, Britse Lugmag, Suid-Afrikaanse Lugmag en Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die eerste prototipe bekend as die Martin 187 het op 14 Junie 1941 sy nooiensvlug voltooi, veertien maande nadat die Britse Lugmag 'n bestelling vir 400 vliegtuie geplaas het. Die 400 vliegtuie is as volg afgelewer: 50 Mk I's, 100 Mk II's en 250 Mk III's. Die drie modelle het dieselfde motors gehad, vier masjiengewere aan die sye, een wat agtertoe kon vuur en vier in die ventrale posisie. Slegs die dorsaleskiettoring het verskil van die drie modelle; die Mk I en Mk II's het een en twee Vickers K-masjiengewere onderskeidelik gehad en die Mk III was toegerus met 'n vier masjiengeweer Boulton Paul-skiettoring.
Nie 'n enkele eenheid van die vliegtuig het in die Amerikaanse Lugmag diens gedoen nie.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Martin Baltimore IV: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motorSkroef VervaardigerWright R-2600-19 Double-Row Cyclone stermotor Kraglewering per motor1 660 perdekrag Vlerkspan18,69 m Lengte14,78 m Hoogte5,41 m Maks. opstygmassa10 433 kg Maks. snelheid486 km/h op 3 353 m Operasionele hoogte7 315 m Togafstand met 454 kg bomvrag1 741 kmBewapeningTwee 0.50 masjiengewere in dorsaleskiettoring, twee 0.30 masjiengewere in elke vlerk en tot ses masjiengewere in ventraleskiettoring. Bomvrag907 kg in bomlaai
Bronnelys Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012
Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog