thumb|240px|Vishnu en sy avatars.
Vaishnavisme (van Sanskrit वैष्णव Vaiṣṇava, "wat tot Vishnu behoort") is een van die vier groot tradisies in Hindoeïsme; die ander is Shaivisme, Shaktisme en Smartisme. Dit word ook Vishnuïsme of Wisjnoeïsme genoem, en die volgelinge daarvan Vishnuïste of Wisjnoeïste; hulle beskou Vishnu as die oppergod.
Beskrywing Die tradisie is veral bekend vir sy avatarleerstelling, waarin Vishnu in een van baie inkarnasies vereer word. Van hulle is 10 (die Dashavatara) die gewildstes en belangrikstes: Krishna, Rama, Narayana, Vasudeva, Hari, Vithoba, Kesava, Madhava, Govinda en Jagannath. Die tradisie kan teruggespoor word na die 1ste millennium n.C. as Bhagavatisme, of Krishnaïsme. Latere ontwikkelings onder leiding van die heilige Ramananda het gelei tot ’n Rama-georiënteerde beweging, wat nou die grootste kloostergroep in Asië is.Selva Raj en William Harman (2007), Dealing with Deities: The Ritual Vow in South Asia, State University of New York Press, , ble. 165-166James G Lochtefeld (2002), The Illustrated Encyclopedia of Hinduism: N-Z, Rosen Publishing, , ble. 553-554 Die Vaishnava-tradisie het baie sampradayas (denominasies of subskole) wat wissel van die Middeleeuse Dvaita-skool van Madhvacharya tot die Vishishtadvaita-skool van Ramanuja. Nuwe bewegings is ook in die moderne tyd gestig, soos die Hare Krisjnas van Prabhupada.
Die tradisie is bekend vir die liefdevolle verering van ’n avatar van Vishnu (dikwels Krishna) en het ’n sleutelrol gespeel in die verspreiding van die Bhakti-beweging in die 2de millennium in Suid-Asië.James G Lochtefeld (2002), The Illustrated Encyclopedia of Hinduism: N-Z, Rosen Publishing, , pages 731-733 Belangrike geskrifte in Vaishnavisme sluit in die Vedas, Upanishads, Bhagavad Gita, Pancaratra (Agama) en Bhagavata Purana.Klaus Klostermaier (2007), A Survey of Hinduism: Third Edition, State University of New York Press, , ble. 46-52, 76-77
Verwysings
Nog bronne
Hawley, John Stratton: Three Bhakti Voices. Mirabai, Surdas, and Kabir in Their Time and Ours. 2nd impression. Oxford 2006
Eksterne skakels Encyclopædia Britannica, "Vaishnavism" Vaishnavisme Vaishnavisme (Heart of Hinduism) Who is Vishnu? Vrae en antwoorde (dvaita.org)
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hindoetradisies