Elfriede Jelinek (* 20 Oktober 1946 in Mürzzuschlag, deelstaat Stiermarke) is 'n Oostenrykse skryfster wie se werk met talle literatuurpryse bekroon is, waaronder die Georg-Büchner-Preis en die Franz-Kafka-Literaturpreis.www.rowohlt.de: Elfriede Jelinek. Besoek op 26 Maart 2017 In 2004 is die Nobelprys vir Letterkunde aan haar toegeken vir "die musikale vloei van stemme en teenstemme in romans en dramatonele wat die absurditeit en die dwingende mag van maatskaplike klisjees met 'n unieke passie vir taal onthul".<ref>[http://diepresse.com/home/jahrzehnt/526871/Nobelpreis-fuer-Elfriede-Jelinek diepresse.com: Nobelpreis für Elfriede Jelinek. Besoek op 26 Maart 2017]</ref>
Elfriede Jelinek se literêre kritiek op wantoestande in die Oostenrykse samelewing, insluitende die privaat lewe van Oostenrykers, wat sy in 'n sarkastiese en uitdagende styl lewer, het in haar geboorteland verskeie kere skerp reaksie uitgelok. Haar teenstanders, maar ook Jelinek self, beskryf haar taalgebruik as onfyn en selfs obseen, as blasfemies, vulgêr of honend. Maar terwyl Jelinek aanvanklik nog as provokateur beskou is, word haar literêre werke intussen as hoogs gevoelige taalkuns gewaardeer. Haar toneelstuk Winterreise'' (2011) word onder die mees opgevoerde Duitstalige toneelstukke gereken.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Oostenrykse skrywers Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense