Demi-Leigh Tebow (née Nel-Peters, gebore 28 Junie 1995) is op Sondag 26 Maart 2017 in die Sun City Superbowl as Mejuffrou Suid-Afrika 2017 aangewys. Die geleentheid is op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.
Demi-Leigh Nel-Peters het die kroon voor 11 ander finaliste, 25 ander deelnemers en meer as 900 inskrywings weggeraap. Sy het Suid-Afrika in 2017 by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig, waar sy op 26 November as die wenner aangewys is. Sy is die tweede Suid-Afrikaanse Mej. Heelal-wenner ná Margaret Gardiner in 1978. Demi-Leigh Nel-Peters het Suid-Afrika ook in die Mej. Wêreld-kompetisie verteenwoordig.
Sy is deur Mejuffrou Suid-Afrika 2016, Ntandoyenkosi Kunene, gekroon.
Lewe Nel-Peters is op 28 Junie 1995 in Sedgefield gebore, dogter van Bennie Peters en Anne-Marie Steenkamp. Sy het aan die Noordwes-Universiteit gegradueer in Maart 2017, net 'n paar dae voor sy die Mej. Suid-Afrika 2017 kompetisie gewen het. Sy is vlot in beide Afrikaans en Engels.
Verwysings
Eksterne skakels
Mejuffrou Suid-Afrika se webtuiste
Kategorie:Geboortes in 1995 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle Kategorie:Mejuffroue Heelal Kategorie:Mejuffroue Suid-Afrika Kategorie:Alumni van Noordwes-Universiteit