Vyf isomere van dekyn Lêer:Dec-1-yne 200.svg dek-1-ynLêer:Dec-2-yne 200.svg dek-2-ynLêer:Dec-3-yne 200.svg dek-3-ynLêer:Dec-4-yne 200.svg dek-4-ynLêer:Dec-5-yne 200.svg dek-5-yn 'n Alkyn is 'n organiese verbinding wat 'n funksionele groep bevat met 'n drievoudige binding tussen twee koolstofatome (-C≡C-).

Die teenwoordigheid van hierdie groep word in die naamgewing deur die uitgang -yn weergegee. 'n Algemene formule vir alkyne is Die eenvoudigste en bekendste alkyn is etyn. 'n Ouer naam is asetileen.

Chemiese eienskappe Die chemie van alkyne lyk soos die van die alkene omdat altwee funksionele groepe π-bindings het wat die reaktiwiteit bepaal. Dit is veral die geval vir drievoudige bindings in die middel van 'n ketting. 'n Eindstandige (monogesubstitueerde) drievoudige binding het 'n nuwe eienskap omrede die (ongesubstitueerde) proton aan die einde van die keten 'n swak suur is. Die pKa is ongeveer 25. 'n Basis soos die amied-ioon is sterk genoeg om die alkyn-proton te verwyder. Die alkynied-ioon wat ontstaan is 'n goeie nukleofiel.Organic Chemistry Study Guide: Key Concepts, Problems, and Solutions, , Elsevier, 2015, , , bls 105

Verwysings

Kategorie:Organiese chemie