Die Karoo-kruidjie-roer-my-nie (Melianthus comosus) is net een van party plante wat as kruidjie-roer-my-nie bekend is. Dit is inheems aan Suid-Afrika en kom veral in die die Kaapprovinsies in die suidelike Karoo voor. Dit word byvoorbeeld in die flora van Zuurberg-natuurpark aangetref wat nou deel is van die uitgebreide Addo-olifant Nasionale Park. Maar dit word ook in die ander provinsies behalwe KwaZulu-Natal en Limpopo aangetref. Dit is inheems in Lesotho en Namibië. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Dit is 'n struik wat vinnig groei en wat aromatiese blare het. Die klokvormige blomme is helderrooi met swart kolle aan die hals. Hulle trek voëls soos suikerbekkies aan. Gardening with Keith Kirsten, , Struik, 2001, , , bls. 112

Fotogalery

Verwysings

Kategorie:Melianthus Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika