Die blouooguintjie (Moraea aristata) is 'n endemiese geofiet wat oorspronklik op die Kaapse Skiereiland tussen Kaapstad en Rondebosch voorgekom het. Die enigste steeds bestaande populasie word in Observatory aangetref. Dit omvat minder as 50 plantjies in 'n habitat wat volledig getransformeer is. Daar is baie indringerplante, veral grasse. Op die SANBI-rooilys is dit as 'n 'kritiek bedreigde' spesie (CR D) gelys. Hierdie spesie staan op die rand van uitsterwing in die wildernis.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77067648-1
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Moraea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika