duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Koera in Gori, Georgië duimnael|links|Die Koera (Mtkwari) in die Georgiese hoofstad Tbilisi Die Koera (Armeens: Կուր, Kur, Azerbeidjans: Kür, Georgies: მტკვარი Mt'k'vari, Koerdies: rûbara kur, Turks: Kura) is die grootste rivier in die Kaukasus. Die rivier, met 'n lengte van 1 515 km, vloei deur Turkye, Georgië en Azerbeidjan. Die rivier word matig besoedel deur groot industriële sentra soos Tbilisi en Roestawi in Georgië.

Die Koera ontspring wes van Ardahan in Oos-Anatolië, Turkye. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordoostelike rigting en bereik Georgië, waar die rivier Mtkwari genoem word. Net suid van Suid-Ossetië naby Gori draai die Koera in suidoostelike rigting en vloei deur die Georgiese hoofstad Tbilisi. Daarna vloei die rivier verder in suidoostelike rigting deur Azerbeidjan, waar die Araks, die Koera se grootste sytak, naby Sabirabad in die rivier uitmond. Verder suidoos mond die Koera in die Kaspiese See uit.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Azerbeidjan Kategorie:Geografie van Georgië Kategorie:Kaukasus Kategorie:Riviere in Turkye