Die Oos-Afrikaanse geelhout (Afrocarpus gracilior (Pilg.) C.N.Page) is 'n naaksadige boom wat inheems is aan die subtropiese woude van Uganda, Kenia en Ethiopië. Nes die naverwante Outeniekwageelhout is dit 'n immergroen regop boomspesie wat tot meer as 20 m hoog kan word. Dit het lans- tot lynvormige blare wat 5–10 cm lank kan word. Die blomme is nie opvallend nie, en dit kry bessieagtige vrugte wat net een saad bevat en eers groen is en dan geel word wanneer dit ryp is.
Fotogalery
Verwysings
gracilior Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Uganda