Zsa Zsa Gabor (1917 - 2016) was 'n Hongaars-Amerikaanse aktrise van Joodse afkoms, maar was meer bekend vir haar skerp tong en nege huwelike. In 1936 het sy die Mej. Hongarye-kompetisie gewen. Sy was onder andere bekend vir een van haar uitsprake op 'n TV-geselsprogram: "Ek is 'n uitstekende huishoudster; elke keer as ek 'n man los hou ek sy huis".

Beknopte biografie duimnael|links|upright|Zsa Zsa Gabor, ca. 1955 Sári Gábor is op 6 Februarie 1917 in Boedapest, Oostenryk-Hongarye, as tweede van drie dogters van Jolie (née Janka Tilleman) en Vilmos Gábor gebore. Haar ouer suster Magda en jonger suster Eva was ook, net soos sy, aktrises en sosiale vlinders.

Gábor begin haar loopbaan in 1936 in Wene. In 1941 emigreer sy van Hongarye na die Verenigde State van Amerika, waar sy in 'n gesogte aktrise met 'n "Europese flair en styl" ontaard, wie se persoonlikheid "sjarme en grasie uitstraal".Barris, George. Barris Cars of the Stars, MBI Publishing (2008), bl. 71 Sy maak haar debuut in die rolprent Lovely to Look At. Sy het later in We're Not Married! opgetree en het 'n leidende rol in haar man, John Huston, se film Moulin Rouge (1952) gespeel. Huston het haar later as 'n "geloofwaardige" aktrise beskryf.Huston, John. John Huton: Interviews, Univ. Press of Mississippi (2001), bl. 11

Naas haar loopbaan as akteur was Gabor bekend vir haar uitspattige Hollywood-lewenstyl, haar glansryke persoonlikheid, en haar baie huwelike. Sy was in totaal met nege mans getroud. Sy het op 'n keer gesê: "Mans het nog altyd van my gehou en ek van hulle. Maar, ek hou van 'n manlike man, 'n man wat weet hoe om met 'n vrou te praat en haar te behandel – nie net 'n man met spiere nie"."Love Hints from Zsa Zsa", Life Magazine, 15 Oktober 1951 (voorbladstorie).

Sy is op 18 Desember 2016 by haar huis in Los Angeles, Kalifornië, aan 'n hartaanval oorlede. Sy was 99 jaar oud.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Hongaarse Jode Kategorie:Hongaarse kunstenaars Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 2016 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu