Die heuningblom (Melianthus major) is een van die plante wat ook kruidjie-roer-my-nie genoem word. Dit is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.
Die blare is giftig en aftreksels van M. major is reeds in die tyd van die VOC gebruik vir die skoonmaak van swere en veral as haarwasmiddel, omrede dit kopluise doodgemaak het.
Dit is 'n struik en dit het groot grys blare en donkerrooi of pers blomme.Gardening with Keith Kirsten, , Struik, 2001, , , bls. 112
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Melianthus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika