Die 40ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 7-19 Mei 1987 gehou. Die Italiaans-Franse akteur en sanger Yves Montand was die voorsitter van die jurie. Altesaam 52 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.

Die Franse rolprent Under the Sun of Satan (Sous le soleil de Satan) van die regisseur Maurice Pialat het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Diane Kurys se A Man in Love (Un homme amoureux) en afgesluit met Aria van Robert Altman, Bruce Beresford, Bill Bryden, Jean-Luc Godard, Derek Jarman, Franc Roddam, Nicolas Roeg, Ken Russell, Charles Sturridge en Julien Temple.

Belangrikste fliekpryse

Prys Rolprent Regisseur Land Palme d'Or Under the Sun of Satan (Sous le soleil de Satan) Maurice Pialat Frankryk Grand Prix Repentance (Monanijeba) Tengiz Abuladze Sowjetunie Caméra d'Or Robinsonada or My English Grandfather (Robinzoniada, anu chemi ingliseli Papa) Nana Djordjadze Georgië, Sowjetunie Jurieprys Shinran: Path to Purity (Shinran: Shiroi michi) Brightness (Yeelen) Rentarō Mikuni Souleymane Cissé Japan Mali Kortfilm-Palme d'Or Palisade Laurie McInnes Australië Tegniese Grand Prix Le cinéma dans les yeux Gilles & Laurent Jacob Frankryk

Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Wim Wenders Wings of Desire (Der Himmel über Berlin) Duitsland Beste akteur Marcello Mastroianni Dark Eyes (Oci ciornie) Italië Beste aktrise Barbara Hershey Shy People VSA

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees