duimnael|'n Vermeersiektebossie

Vermeersiekte is 'n veesiekte, veral onder skape, wat veroorsaak word deur die vreet van vermeersiektebossies, wat plante uit die genus Geigeria is. In die droë weste van Suid-Afrika is dit veral G. ornata wat dit veroorsaak, in Gauteng is dit G. burkei, en G. aspera in die oostelike hoëveld.

Hierdie siekte is verantwoordelik vir groot verliese onder bokke, skape en beeste in Namibië. Dit veroorsaak dat die diere begin vomeer, dan volg verlamming en uiteindelik die dood. Die giftigheid van die veld hang van die reënval en die beweiding daarvan af. Oorbeweiding verminder die gesonde grasspesies en lei tot meer vermeersiekte.

Die siekte veroorsaak letsel aan die spiere van die skelet en van die slukderm deurdat dit die myofibrille aantas. Gedroogde plante behou waarskynlik hul giftigheid vir ongeveer vier jaar lank.

Die giftige stowwe is geïsoleer. Hulle is almal seskwiterpeen-laktons met 15 koolstofatome. Die belangrikste word geigerien, geigerinien en vermeerien genoem.

Verwysings

Kategorie:Veesiektes