Nick Lars Heidfeld (gebore 10 Mei 1977) is 'n Duitse professionele renjaer.
duimnael|links|Nick Heidfeld se Lola F3000 in die West-kompetisie duimnael|links|Heidfeld bestuur die FW27 vir Williams by die 2005 Kanadese Grand Prix. duimnael|links|Heidfeld in 'n BMW Sauber F1.07 by die 2007 Kanadese Grand Prix, waar hy sy beste uitslag van die seisoen behaal het met 'n tweede plek. Ten spyte van gereelde podiumplekke in 2005 by Williams, en in 2007 en 2008 by BMW Sauber, het Heidfeld nooit 'n wedren gewen sedert sy debuut in Formule Een in 2000 nie. Heidfeld hou tans drie rekords. Hy hou die rekord vir die meeste podiums sonder 'n Grand Prixwen (13), en behaal die meeste tweede plekke sonder 'n wen met 8. Hy hou ook die rekord vir die meeste agtereenvolgende renklassifikasies met 'n telling van 41.
In 2011 het Heidfeld in Formule Een vir die Renault-span gejaag as 'n plaasvervanger vir die beseerde Robert Kubica, sy voormalige BMW Sauberspanmaat, voordat hy vervang is deur Bruno Senna. Hy jaag tans vir die Rebellion Racing-span in die FIA-wêrelduithoukampioenskap en vir Mahindra Racing in Formule E.
Verwysings
Kategorie:Duitse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense