Ruschia karrooica (L.Bolus) L.Bolus is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit word in die Wes-Kaap aangetref en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.

Dit kom net in die suidweste van die Groot Karoo en die naburige Klein Karoo voor. Dit vorm 'n klein struikie tot 30 cm hoog. Dit kry pienk blommetjies.

Verwysings

karrooica Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika