Heikki Johannes Kovalainen (Finse uitspraak: [ˈheikki ˈkoʋɑlɑinen]; gebore 19 Oktober 1981) is 'n Finse renjaer. Hy het tussen 2007 en 2013 aan Formule Een deelgeneem vir die Renault-, McLaren-, Team Lotus en Lotus F1-spanne.
Hy is vroeg in sy renloopbaan deur die Renault-bestuurderontwikkelingsprogram ondersteun, waartydens hy die "Wêreldreeks deur Nissan"-kampioenskap gewen het. Renault het hom as 'n voltydse Formule Eentoetsbestuurder geteken vir 2006, en daarna bevorder tot 'n wedrensitplek vir 2007. Hy het sy eerste podiumplek behaal met 'n tweede plek in die Japannese Grand Prix daardie jaar.
Hy skuif na McLaren vir die 2008-seisoen, waar Lewis Hamilton sy spanmaat was. Sy tweede seisoen het hom sy eerste voorwegspringplek op Silverstone besorg en sy eerste oorwinning op die Hungaroring. Hy bly hierna by die span vir die 2009-seisoen.
In 2010 sluit hy aan by die nuutgeskepte Span Lotus waar hy ook aanbly vir 2011 en 2012, met die span herdoop tot Caterham F1 vir 2012. 2012 was sy laaste volle seisoen in Formule Een. Kovalainen het in die laaste twee wedrenne van die 2013-seisoen vir Lotus F1 meegeding as plaasvervanger vir die gereelde bestuurder Kimi Räikkönen.
In 2015 het Kovalainen na Japan verhuis om in die Super GT mee te ding in die GT500-klas.
Kategorie:Finse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense