Geigeria ornativa is een van die plante wat deel van die Asteraceae familie is. Die is inheems aan Angola, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap, Noordwes, Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap voor.

Die spesie staan as die vermeersiektebossies bekend is. Ander name is misbeksiektebos en vomeerbos.

Hulle is giftig vir skape en veroorsaak 'n siekte wat bekend staan as vermeersiekte.

Dit is 'n lae meerjarige plantjie wat 'n stam tot 30 cm lank kan hê, maar dit kan ook stamloos wees. Die blare vorm 'n roset aan die basis en is lansvormig en tot 10 cm lank. Dit kry geel blommetjies met 'n deursnee van ongeveer 1 cm.

Verwysings

ornativa Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe