Die rooibobbejaantjie (Babiana villosa (Aiton) Ker Gawl.) is 'n geofiet wat endemies aan Suid-Afrika is.
Habitat Dit kom veral in fragmente van die renosterveld voor, wat nog oorbly vanaf Malmesbury tot Wellington en die Tulbaghvallei. Dit groei op skalierenosterveld in die vlakte, op heuwels en op lae berghellings. Sy voorkoms is aan die afneem en 80% van sy oorspronklike verspreidingsgebied het reeds verlore geraak. Op die SANBI-rooilys is dit as amper bedreig (NT) gelys.
Kenmerke Hierdie plantjie groei in die winterreëntyd tot 20 cm hoog en het 5-6 lansvormige en gevoude blare wat met kort sagte hare bedek is en soos 'n waaier gerangskik is. Die blomme is skouspelagtig rooi of pienk. Die vrug is 'n droë kapsule wat oopsplits en talle donkerbruin, hoekige saadjies versprei. Dit het 'n ondergrondse knol wat in die droë somermaande afsterf, om in die wintertyd opnuut vanuit die knol groei.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Babiana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika