Reuven (Ruvi) Rivlin (Hebreeus: ראובן ריבלין , [ʁeʔuˈven ʁivˈlin], ; gebore op 9 September 1939 in Jerusalem) is 'n Israelse politikus wat aan die Likoed-party behoort. Hy was 2014 tot 2021 die tiende president van Israel.
Van 1988 tot 1992 en van 1996 tot 2014 was hy 'n lid van die Knesset gewees. Van 2003 tot 2006 en van 2009 tot 2013 was hy ook die voorsitter van die Knesset. Van 2001 tot 2003 was hy daarbenewens die minister van kommunikasie in die Sharon I-kabinet.
Rivlin was in die intelligensiediens van die Israeliese Lëer en het tydens die Sesdaagse Oorlog aan die Jerusalem-brigade deelgeneem. Vervolgens het hy in die regte aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem studeer.
Eksterne skakels
Reuven Rivlin, Knesset-webwerf
Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Presidente van Israel Kategorie:Voorsitters van die Knesset Kategorie:Majoors Kategorie:Ministers van Kommunikasie Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Lewende mense