Die driedoring (Rhigozum trichotomum) is 'n struik wat inheems aan Angola, Botswana, Namibië en Suid-Afrika is.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:110547-1 Dit kom veral in die Nama-Karoo voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.
Dit is 'n houtagtige meerjarige struik wat 1 - 2 m hoog word met doringagtige takkies wat gewoonlik in drieë aftak. Dit dra net klein blaartjies wat dit in die droë tyd verloor en dit kry klein wit blommetjies met 'n geel hart. Oorbeweide gebiede raak vinnig bedek met hierdie plant. Dit gee nie net slegte landbeheer aan, maar sorg ook dat die grond minder aan erosie blootstaan. Die plant is self nie smaaklik nie, maar tree op as verpleegsterplant vir ander jong plantjies. Dit kom in gebiede met 'n onreëlmatige reënval van 50 - 350 mm per jaar voor.
Die boom se FSA-nommer is 676.1https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Eksterne skakel beelde op iSpot
Kategorie:Rhigozum Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika