Doringkarooook: witstamkaroo of skaapbossie (Pentzia spinescens Less.) is 'n struikie wat aan Suid-Afrika inheems is en voorkom in die Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys. Dit word ook in die Sperrgebiet van Namibië en Botswana aangetref.

Dit is 'n stywe struikie waarvan die ou twygies tot dorings verhard. Die blare is 4 -8 mm lank. Dit kry geel blommetjies. Hierdie dwergstruikie is in die droë Karoo saam met doringkapok die volopste, veral in gebiede wat oorbewei word.Biogeography and Ecology of Southern Africa, , Springer Science & Business Media, 2012, , bls. 287

Landbou Dit is van die plante wat aan skaapvleis uit die Karoo sy smaak verleen.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Pentzia Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika