Die doringkapokook: kapokbos, kleinkapok, kleinkapokbossie, silwerbos, silwerbossie, silwerkapok, veerkapok, veerkaroo, volstruiskapokbossie (Eriocephalus spinescens Burch.) is 'n houtagtige plantspesie wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.

Dit is 'n dwergstruikie wat in die droë Karoo saam met Pentzia spinescens voorkom, veral in gebiede wat oorbewei word.Biogeography and Ecology of Southern Africa, , Springer Science & Business Media, 2012, , bls. 287 Dit is volop in die Witsand-natuurreservaat se Karoo-Kalahari-bosveld, saam met ander struike soos Rhigozum trichotomum, Eriocephalus pubescens, Aptosimum spinescens en Oedera humilis, asook grasse soos Stipagrostis obtusa.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:204774-1

Landbou Die plant het matige waarde vir beweiding.

Verwysings

spinescens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika