Lesley Beake (1949—) is ’n Skotsgebore Suid-Afrikaanse skrywer van kinderboeke. Haar boeke is in meer as sewe tale vertaal (waaronder Sweeds, Japannees en Nederlands) en sy het verskeie daarvoor pryse ingepalm. In 1986-’87 wen sy die Percy FitzPatrick-prys vir The Strollers. Haar boek, A Cageful of Butterflies, is met die Percy FitzPatrick-prys van 1988-'89, asook die M-Net-boekprys van 1991 bekroon.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Beake is in Edinburgh in Skotland gebore.Linda Rode & G. Jakes Gerwel, eds., Crossing over: new writing for a new South Africa, 1995, p.57 In 1966 emigreer sy na Suid-Afrika. Sy studeer aan die Rhodes-universiteit en aan Unisa. Ná haar studies het sy as 'n dosent gewerk en haar met Engels as tweede taal en met personeelopleiding bemoei.
Een van haar eerste werke is Detained at her majesty's pleasure (1986), wat as 'n realistiese jeugverhaal beskryf word. The strollers (1987) is 'n jeugboek oor die lewe van straatkinders in Kaapstad. Beake het navorsingsmateriaal gebruik om hierdie storie lewenseg te maak. Daarteenoor is Traveller (1989) 'n historiese jeugboek oor die lewe in die 19de eeu aan die Kaap. Song of Be (1991) handel oor Be, 'n Boesman-meisie van Namibië, wat die dorp met haar moeder verlaat om op die plaas 'Ontevrede' te gaan woon, waar haar oupa gewerk het. Be maak kennis met die veranderende kultuur en politiek van Namibië. Haar boek Beau and the Baobabtree verskyn in 1992 en in 1997 word Jakey gepubliseer. Talle boeke het daarna gevolg.
Werke Detained at Her Majesty's pleasure: the journal of Peter David Hadden, 1986 The Strollers, 1987 A Cageful of Butterflies, 1989 Rainbow, 1989 Traveller, 1989 Merino, 1989 Serena's Story, 1990 Tjojo and the wild horses, 1990 Song of Be, 1991 Bau and the baobab tree, 1992 Mandi's wheels, 1992 The Race, 1992 Café Thunderball, 1993 One dark, dark night, 1993 Jakey, 1997 An Introduction to Africa, 2000 Home Now, 2006 Remembering Green, 2009
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Lewende mense