Abraham is 'n Afrikaanse rolprent wat op 16 Oktober 2015 vrygestel is.Abraham vertel kunstenaar van Kannaland se storie, Kyknet, 11 September 2015 Die regisseur en skrywer was Jans Rautenbach en dit was laaste draaiboek wat deur Jans Rautenbach geskryf isJans Rautenbach gevier en vereer, George Herald, 17 November 2016 voor sy dood in November 2016.Bekroonde filmmaker Jans Rautenbach oorlede, Maroela Media, 3 November 2016

Genre Die rolprent is 'n drama.

Hoofrolspelers D.J. Mouton as Abraham Hannes Muller as Jans Franci Swanepoel as Almeri Chantell Phillipus as Katie Jill Levenberg as Beulah Frans Lucas as Dirk en andere.

Storielyn Jans Rautenbach vertel die verhaal van Abraham (vertolk deur D.J. Mouton) – ’n kunstenaar en dromer van Kannaland in die vroeë 1980’s. Abraham is ’n toegewyde familieman wat sukkel om finansieel vir sy jong vrou, Katie (gespeel deur Chantell Phillipus), en hul vierjarige dogtertjie te voorsien.

Abraham se kreatiewe deursettingsvermoë lei hom na sy weldoeners, Jong Jans (Hannes Muller) en sy vrou, Almeri (Franci Swanepoel). Abraham en Katie trek na ’n nuwe huis waar Abraham begin werk vir Jong Jans. Katie se worsteling met alkoholisme en haar geestesgesondheid bedreig egter die gesin se geluk. Abraham ondersteun sy vrou ten volle, maar sy ambisie maak hom onrustig. Abraham droom daarvan om bo sy omstandighede uit te styg en sy merk deur sy kuns te maak. Die ellendige werklikheid van sy situasie hou hom egter terug.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente