Die wildedruif (Lannea edulis (Sond.) Engl.) is 'n geoksiel in die Anacardiaceae familie.

Verspreiding Die plant is inheems aan Suid-Afrika waar dit in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voorkom. Dit is ook inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Ivoorkus, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Op die SANBI-rooilys is as veilig (LC) gelys.

Beskrywing Die bogrondse plant lyk soos 'n dwergstruikie en dikwels is dit sonder blare wanneer dit vrugte dra. Dit vrugte is eetbaar en lyk soos Catawba-druiwe ("glippertjies"). Hulle is gunstingkos van blouapies en nagapies. Die stuik is bladwisselend en word 30 cm hoog. Dit word in oop klipperige grasland en bosveld aangetref. Die blare groei met twee tot 4 paar op 'n stingel wat eindig in een blaar. Die blommetjies is klein en geel of room tot pienk in kleur. Hulle verskyn September-Oktober dig by die grond. Die vrugte is rooi en word pers.Trees and Shrubs of Mpumalanga and Kruger National Park, , Jacana Media, 2002, , ,bls.300

Fotogalery

Verwysings

Kategorie:Lannea Kategorie:Ondergrondse bome Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe