Fyntwa of kortbeenboesmangras (Stipagrostis obtusa (Delile) Nees) is 'n grasspesie in die Poaceae familie. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.
Verspreiding Die spesie is inheems aan onder andere Namibië en Suid-Afrika is. Dit kom veral in droë streke voor, soos die sukkulente Karoo en die Nama-Karoo. Die spesie is egter wydversprei en kom in die volgende lande Algerië, Bahrein, Botswana, Egipte, Ethiopië, Irak, Jemen, Katar, Koeweit, Libanon, Libië, Mauritanië, Marokko, Pakistan, Palestina, Saoedi-Arabië, Sinai, Sirië, Tsjad, Tunisië, Verenigde Arabiese Emirate en Wes-Sahara voor.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:423913-1
Beskrywing Dit is 'n meerjarige polgras. Dit groei op sanderige grond dikwels op 'n ondergrond van gruis of kalksteen. Dit het fyne blare tot 30 cm hoog en die blomhoofde is syagtige pluime. Die saadjies lyk soos uiters klein ryskorreltjies. Dit is deel van die woestynlewerik se kos.
Landbou Dit is baie smaaklik en is een van die beste weidingsgrasse in die droë streke van suidelike Afrika. Dit is baie vir beweiding geskik:
Fotogalery
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Grasse Kategorie:Stipagrostis Kategorie:Flora van Algerië Kategorie:Flora van Bahrein Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Irak Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Katar Kategorie:Flora van Koeweit Kategorie:Flora van Libanon Kategorie:Flora van Libië Kategorie:Flora van Mauritanië Kategorie:Flora van Marokko Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Pakistan Kategorie:Flora van Palestina Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Sirië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Tunisië Kategorie:Flora van die Verenigde Arabiese Emirate Kategorie:Flora van Wes-Sahara