Die harige gousiektebossie (Vangueria pygmaea Schltr.) is 'n ondergrondse boom wat inheems aan Suid-Afrika is en in KwaZulu-Natal, die oostelike Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voorkom. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1430-4010

Dit word ook in Eswatini, Malawi, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe aangetref.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:769785-1 Dit is 'n struikie van 5 tot 25 cm hoog. Die jong stingels is behaard, maar die ouer stammetjies het 'n boombas met fyn groefies. Dit dra vrugte wat peervormig is 1,5 tot 1,7 cm in deursnee en wat geelbruin tot swart in kleur is.Flora of tropical East Africa – Rubiaceae Volume 3 (1991), , CRC Press, 1991, ,

Dit is een van ses spesies wat gousiekte kan veroorsaak.

Verwysings

Kategorie:Bome van Afrika pygmaea Kategorie:Ondergrondse bome Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe