duimnael|Agas volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.

Agas was die twaalfde koning van die koninkryk van Juda en het 16 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Jotam. Volgens die Bybel het hy die Here uitgetart deur offers aan ander gode te bring. Ná sy dood is hy nie in die begraafplaas van die konings begrawe nie. Tydens sy regeringstyd is koning Hosea van die noordelike koninkryk van Israel in ballingskap weggevoer. Hy is deur sy seun Hiskia opgevolg.

Verwysings in die Bybel

2 Konings 16:1-20

Literatuur Die Bybel (1953-Vertaling) Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.

Sien ook Lys van konings van Israel Lys van persone in die Bybel

Kategorie:Konings van Juda Kategorie:Geboortes in 763 v.C. Kategorie:Sterftes in 727 v.C.