duimnael|Joram volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.
Joram was die vyfde koning van die koninkryk van Juda en het agt jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Josafat. Volgens die Bybel het hy nie die Here gedien nie, o.a. omdat hy met 'n dogter van koning Agab en koningin Isebel getrou het. Volgens die Bybel het die profeet Elia hom berispe en die Here het hom met 'n ongeneeslike siekte gestraf. Hy is opgevolg deur sy seun Ahasia.
Literatuur Die Bybel (1953-Vertaling) Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.
Sien ook Lys van konings van Israel Lys van persone in die Bybel
Kategorie:Konings van Juda Kategorie:Sterftes in 842 v.C.