Jotam (Hebreeus "Jahwe is volmaak") was die elfde koning van die koninkryk van Juda en het 16 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Ussia (ook Asarja genoem). Hy het regeer in die tyd van die profeet Jesaja. Volgens die Bybel het hy gedoen wat reg was in die oë van die Here. Hy is opgevolg deur sy seun Agas.
Verwysings in die Bybel 2 Kronieke 15: 32-38, 2 Kronieke 27: 1-9
Literatuur Die Bybel (1953-Vertaling) Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.
Sien ook Lys van konings van Israel Lys van persone in die Bybel
Kategorie:Konings van Juda