Atalia was die sewende koningin van die Koninkryk Juda en het 6 jaar regeer tussen 842 - 836 v.C. . Sy was die moeder van koning Ahasia en die enigste vrou op die troon die koninkryk van Juda. Sy het al die aanspraakmakers op die troon laat vermoor, maar is deur die priesters uitoorlê. Hulle het een van die aanspraakmakers, Joas, as baba gered en in die tempel versteek gehou. Die priester Jojada het vir Atalia laat doodmaak en Joas as koning verklaar.
Verwysings in die Bybel 2 Konings 8: 26, 2 Konings 11: 1-20, 2 Kronieke 22: 2-12, 2 Kronieke 23: 12-21, 2 Kronieke 24: 7
Literatuur Die Bybel (1953-Vertaling) Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.
Sien ook Lys van konings van Israel Lys van persone in die Bybel
Kategorie:Konings van Juda