duimnael|Ussia volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum.
Ussia (ook bekend onder die naam Asarja) was die tiende koning van die koninkryk van Juda en het 52 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Amasia. Hy het op die ouderdom van 16 koning geword en was volgens die Bybel 'n goeie koning gewees. Volgens die Bybel het hy later in sy lewe ingenome met homself geword en het aanmatigend teenoor die Here opgetree. Hy is aan melaatsheid oorlede. Hy is opgevolg deur sy seun Jotam.
Verwysings in die Bybel
Literatuur Die Bybel (1953-Vertaling) Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.
Sien ook Lys van konings van Israel Lys van persone in die Bybel
Kategorie:Konings van Juda