Propranolol 220px Chemie Chemiese formule C16H21NO2 Molêre massa 259.34 g/mol CAS-nommer 525-66-6 Farmakokinetika Roetes van toediening Oraal, rektaal,intraveneus Metabolisme Lewer (grootliks) Halfleeftyd 4 tot 5 uur

260px|duimnael|regs|Bal-en-stokkiemodel van propranolol

Definisie en mediese gebruike Propranolol is 'n beta-blokkermedikasie. Dit word gebruik om hoë bloeddruk te behandel, en ook onreëlmatige hartklop, tirotoksikose, kapillêre heemangiomas, prestasie-angs, en noodsaaklike bewing. Dit word gebruik om migraine te voorkom, en om verdere hartprobleme in diegene met angina of vorige hartaanvalle te voorkom. Dit kan per mond geneem word of deur 'n aarinspuiting. Die orale formulering is beskikbaar in kort- en langwerkende weergawes. Propranolol verskyn in die bloed na 30 minute en het 'n maksimum (piek)-effek tussen 60 en 90 minute indien dit per mond ingeneem is.

duimnael|regs|'n Verlengde-vrystelling kapsule met 80 mg propranolol duimnael|regs|10 mg en 40 mg propranololtablette Newe-effekte Algemene newe-effekte sluit in naarheid, abdominale pyn en hardlywigheid. Dit moet nie gebruik word deur persone met 'n reeds stadige hartklop of hartversaking nie. Indien die medikasie vinnig gestaak word deur diegene met koronêre hartsiekte, kan simptome vererger. Dit kan die simptome van asma vererger. Versigtigheid word aanbeveel in diegene met lewer- of nierprobleme. Propranolol kan moontlik nadelige gevolge vir die baba inhou, indien tydens swangerskap geneem word. Die gebruik daarvan tydens borsvoeding is waarskynlik in orde, maar die baba moet gemonitor word vir newe-effekte. Dit is 'n nie-selektiewe betablokker wat werk deur die blokkering van β-adrenerge reseptore.

Geskiedenis en koste Propranolol is in 1964 ontdek. Dit is op die Wêreldgesondheidsorganisasie se lys van noodsaaklike medisyne, die belangrikste medikasie wat nodig is in 'n basiese gesondheidstelsel. Propranolol is lank reeds beskikbaar as 'n generiese medikasie. Die groothandelprys in die ontwikkelende wêreld is tussen VS$ 0.24 en 2.16 per maand sedert 2014, maar in die Verenigde State kos dit sowat $15 per maand teen 'n tipiese dosis.

Verwysings

Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys