Rapa Nui-mitologie, ook bekend as Pascuaanse of Paaseiland-mitologie, verwys na die plaaslike mites, legendes en gelowe van die Rapa Nui-volk van Paaseiland in die suidoostelike Stille Oseaan.

Oorspronklike mite 300px|duimnael|Die 15 staande moai by Ahu Tongariki.

Volgens die Rapa Nui-mitologie was Hotu Matu'a die legendariese eerste setlaar en ariki mau ("opperhoof" of "koning") van Paaseiland. Carlos Mordo, Easter Island (Willowdale, Ontario: Firefly Books Ltd., 2002) Hy en sy koloniseringsgeselskap, wat met twee kano's (of ’n dubbelrompkano) op die eiland aangekom het, was Polinesiërs van die onbekende land Hiva (dalk die Marquesas-eilande). Hulle het op Anakena-strand geland. Sy geselskap het oor die eiland versprei en dit verdeel tussen clans wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle afstammelinge van Hotu Matu'a se seuns was.

Hulle het langer as duisend jaar geïsoleerd gewoon op hul eiland aan die suidoospunt van die Polinesiese Driehoek, tot met die koms van die Nederlandse kaptein Jacob Roggeveen, die eerste Westerling wat die eiland in 1722 ontdek het.

Kultus van voorouers Die sigbaarste element van die kultuur was die maak en oprig van enorme standbeelde genaamd moai, wat vergoddelikte voorouers verteenwoordig het. Daar is geglo die lewendes het ’n simbiotiese verhouding met die afgestorwenes en dat laasgenoemde alles verskaf het wat die lewendes nodig het, soos gesondheid, vrugbaarheid, land en diere, geluk, ens. Die lewendes het weer die afgestorwenes deur offerandes ’n beter plek in die geesteryk gegee. Die meeste nedersettings was aan die kus geleë en die moai is daar opgerig om oor hul nakomelinge te waak, met hul rug gekeer na die geesteryk in die see.

Voëlmankultus Hoofartikel: Tangata manu. Die Tangata manu- of voëlmankultus is waarskynlik ’n latere kultus wat ontstaan het toe oorloë uitgebreek en natuurlike hulpbronne afgeneem het. Die oprig van die standbeelde is toe gestaak.

Die godheid Makemake was die hoofgod van die voëlmankultus. Die kultus het afgeneem nadat die eilandbewoners die Katolieke geloof aangeneem het. Tekens daarvan is egter steeds te sien in die versiering van die eiland se kerk.

Verwysings

Verdere leesstof

Robert D. Craig. Dictionary of Polynesian mythology. Greenwood Publishing Group, 1989 , Peggy Mann. Easter Island: land of mysteries. Holt, Rinehart en Winston, 1976. ,

Eksterne skakels Easter Island legends and myths - Easter Island Traveling 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia