Die Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans is ’n letterkundige prys wat sedert 2008 driejaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word. Werke wat uit enige taal in Afrikaans vertaal word, word vir hierdie prys in aanmerking geneem in die kategorie kinderliteratuur – dit wil sê die groep lesers vanaf vyf tot twaalf jaar – en jeugliteratuur wat op jong volwassenes gemik is. By die beoordeling van die vertaling word gelet op die aansien wat die vertaalde werk binne sy eie letterkunde geniet en op die juistheid, oorspronklikheid en gehalte van die vertaling
Die prys is vernoem na die Suid-Afrikaanse skryfster Elsabe Steenberg.
Lys van wenners 2008 – Jaco Jacobs (Willemien en die geel kat na Ottoline and the yellow cat deur Chris Riddell) 2012 – Amelia de Vaal (die Kabouter-reeks) 2015 – Kobus Geldenhuys (Hoe om drakonees te praat na How to speak dragonese deur Cressida Cowell) 2018 – Kobus Geldenhuys (Kewerknaap na Beetle boy deur M.G. Leonard) 2021 – Gunter Pakendorf (Die eindelose storie na Die unendliche Geschichte deur Michael Ende) 2024 – Zandra Bezuidenhout (Lampie na Lampje deur Annet Schaap)
Bron Verwerk vanaf akademie.co.za.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse letterkunde Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Kategorie:Suid-Afrikaanse letterkundige toekennings