Die Ds. Pieter van Drimmelenmedalje is ’n toekenning wat sedert 1977 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word vir aktiwiteite soos Bybelvertaling, teologiese handboeke in Afrikaans vir gebruik deur universiteitstudente, gepubliseerde preekbundels, godsdiensonderwys en die skryf, vertaling, toonsetting en bywerking van Afrikaanse Psalms en Gesange. Die medalje kan na verloop van minstens vyf jaar weer aan dieselfde persoon toegeken word.

Die prys is vernoem na ds. Pieter van Drimmelen wat saam met prof. dr. G.C. van Drimmelen in 1977 ’n bedrag van R5 000 beskikbaar gestel het.

Lys van wenners 1982 – Prof. G.G. Cillié 1984 – Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1988 – Prof. P.A. Verhoef 1989 – Prof. J.P. Louw 1990 – Dr. A.P. van der Colf 1991 – Mnr. Pieter van der Westhuizen 1992 – Prof. A.B. du Toit 1993 – Prof. F.E. Deist 1996 – Prof. J.P. Oberholzer 1998 – Prof. J.A. Durand 1999 – Prof. J.J.J. van Rensburg 2000 – Prof. J.G. van der Watt, prof. S.J. Joubert 2001 – Prof. C.J.A. Vos 2002 – Prof. T.T. Cloete 2003 – Prof. H.F. van Rooy 2004 – Prof. H.J.B. Combrink 2005 – Prof. G.C. Olivier 2006 – Dr. A. König 2008 – Prof. A.G. van Aarde 2009 – Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Christelike Kernensiklopedie 2010 – Prof. J.L. Helberg 2013 – Prof. A.P.B. Breytenbach 2016 – Mnr. H.C. van Zyl 2019 – Prof. H.J.B. Combrink

Bron Verwerk vanaf akademie.co.za.

Verwysings

Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns