Die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap is ’n letterkundige prys wat sedert 1968 driejaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word vir taalwetenskaplike en/of taalskeppende werk in Afrikaans met inbegripvan leksikografie. Die bedoeling was aanvanklik ’n prys vir hoogs geslaagde taalvondste in die reklamewese, maar dit is onprakties bevind en op voorstel van die Akademieraad is besluit om dit vir taalwetenskap toe te ken. Hierdie prys het die Stalsprys vir Taalwetenskap vervang.
Die prys is vernoem na die Suid-Afrikaanse digter, skrywer en politikus C.J. Langenhoven.
Lys van wenners 1970 – Prof. J. du P. Scholtz 1973 – Prof. W Kempen 1976 – Prof. Meyer de Villiers 1979 – Prof. S.A. Louw 1982 – Prof. F.A. Ponelis 1985 – Prof. F.F. Odendal 1988 – Prof. J.C. Steyn 1991 – Prof. J.G.H. Combrink 1994 – Prof. Edith Raidt 1996 – Prof. R.H. Pheiffer 2000 – Prof. E.B. van Wyk 2003 – Lede van die Taalkommissie: Drr. A.F. Prinsloo, M. Alberts, F.J. Lombard, J. Anker, proff. W.A.M. Carstens, A.E. Coetzee, E.F. Kotzé, mnr. J. du T. McLachlan en prof. J.G.H. Combrink (postuum) 2006 – Prof. R.P. Botha 2009 – Prof. D.P. Wissing 2012 – Prof. R.H. Gouws 2015 – Mnr. J. du T. McLachlan 2018 – Prof. M.C.J. van Rensburg 2021 – Prof. Wannie Carstens
Bron Verwerk vanaf akademie.co.za.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse letterkunde Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Kategorie:Suid-Afrikaanse letterkundige toekennings