Die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur is ’n letterkundige prys wat sedert 1969 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word aan ’n skrywer of skryfster wat gedurende ’n tydperk die beste werk van bevredigende gehalte in Afrikaans gelewer het in die genre kleuterliteratuur – dit wil sê kinders onder agt jaar. Sedert 1976 word die prys driejaarliks toegeken.
Die prys is ingestel deur dr. J.E. Holloway en is genoem na sy vrou, Tienie, wat een van die bekendste skrywers van kleuterverse in Afrikaans.
Lys van wenners 1970 – M.E.R. (Karlien en Kandas) 1971 – Pieter W. Grobbelaar (al sy kleuterboeke) 1973 – Freda Linde (Jos en die bok) 1976 – Hester Heese (al haar kleuterboeke) 1979 – Tienie Holloway (postuum) (Rympies van Tienie Holloway en Versies van Tienie Holloway) 1982 – Hester Heese (Sy wat die soen op haar voorkop dra) 1985 – Freda Linde (Die keiserkroon) 1988 – Rona Rupert (Nou wil almal sien) 1991 – Corlia Fourie (Die meisie wat soos ’n bottervoël sing) 1994 – Elizabeth van der Merwe (Kaljander van die Karoo) 1997 – Marita van der Vyver (outeur) en Piet Grobler (illustreerder) (Olinosters op die dak) 2000 – Verna Vels (Liewe Heksie en die rekenaar en ander nuwe Liewe Heksie stories) 2003 – Martie Preller (Babalela en Lisa het ’n plan) 2006 – Martie Preller (outeur) en Erica en Andries Maritz (illustreerders) (Diep, diep in die donker bos) 2009 – Alana Bailey (outeur) en Emily Bornhoff (illustreerder) (Die prinses van die Afrikavlaktes) 2012 – Theresa van Baalen (outeur) en Joan Rankin (illustreerder) (Aspris-krokkedis) 2015 – Ingrid Mennen (Ben en die walvisse) 2018 – Jaco Jacobs (outeur) en Karen Lilje (illustreerder) (Grom) 2021 – Fanie Viljoen (outeur) en Tumi K. Steyn (illustreerder) (Die dag toe die draak kom) 2024 – Antjie Krog, Ingrid de Kok (outeurs) en Fiona Moodie (illustreerder) (Vetplantfeetjies'')
Bron Verwerk vanaf akademie.co.za.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse letterkunde Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Kategorie:Suid-Afrikaanse letterkundige toekennings