Die Rooiadder (Bitis rubida) is 'n adder wat van die Sederberg tot die Roggeveldberge en Kromberg in die Wes-Kaap voorkom. In Engels staan die slang as die red adder bekend. Hierdie slangspesie is eers in 1997 beskryf.
Identifikasie Die slang word 25 tot 30 cm lank met 'n maksimum van 42 cm. Dit is effekleurig rooi of rooibruin en daar is gepaarde vlekke op die rug. Dit skuil onder klippe en struike en kan soms soggens in die son bak. Die slang vreet akkedisse, geitjies, skinke en knaagdiertjies. Die wyfie kan tot 10 kleintjies voortbring in die somer.
Daar is nog geen aanmelding dat mense gebyt is nie. links|duimnael|320px|Naby Karoopoort in die Wes-Kaap
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Bron Watter Slang is dit? Johan Marais. Struik Uitgewers. 2008.
Verwysings
Kategorie:Adders