Die Namakwadwergadder (Bitis schneideri) is die wêreld se kleinste adder en word gemiddeld 200mm lank. In Engels staan die slang bekend as die Namaqua Dwarf Adder.

Indentifikasie Die slang is grysbruin met vlekke en die slang is dus goed gekamoefleer. Dit is meestal snags aktief en bak soggens in die son. Die slang graaf hom soms ook onder sand in. Dit vreet akkedisse. Daar kan tot sewe kleintjies op een slag voortgebring word in die somer. Sy gif hou geen gevaar vir die mens in nie.

Die slang word langs die kus vanaf Klein-Namakwaland tot by Lüderitzbaai in Namibië aangetref.

Sien ook Alfabetiese lys van slange

Bron Watter Slang is dit? Johan Marais. Struik Uitgewers. 2008.

Verwysings

Kategorie:Adders