Die Namibduinadder (Bitis peringueyi) is 'n adder wat kuslangs vanaf die suide van Namibië tot in Angola voorkom. In Engels staan die slang bekend as die Peringuey's Adder.
Identifikasie Die slang word tot 25cm lank en is bekend om sywaartse te seil. Die manier van seil los kenmerkende S-vormige patrone op die sand. Die adder begraaf homself in die sand en lê sy prooi voor. Die oë wat bo-op die kop sit steek bo die sand uit. Ook die stertpunt steek bokant die sand uit, dit dien as lokaas om akkedisse te lok. Die wyfie kan tot 10 kleintjies voortbring in die somer.
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Bron Watter Slang is dit? Johan Marais. Struik Uitgewers. 2008.
Verwysings
Kategorie:Adders