Die Wipneusnagadder (Causus defilippii) is adder wat voorkom in die natter gedeeltes van Limpopo, Mpumalanga, eSwatini en KwaZulu-Natal asook gedeeltes van Zimbabwe. In Engels staan die slang bekend as die Snouted Night Adder.
Identifikasie Die slang lyk baie soos die nagadder; dit het ook die donker v-vormige merk op die kop. Dit het 'n wipneus, die snoet is boontoe gevorm. Dit is ook kleiner as die nagadder en word ongeveer 400mm lank.
Die wyfie lê tussen 3 en 9 eiers op 'n slag gedurende die somer. Die kleintjies is ongeveer 100mm lank by geboorte. Die slang vreet paddas en skurwepaddas.
Gif Die gif is sitotoksies en veroorsaak pyn en swelsel maar is nie gevaarlik vir die mens nie.
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Bron Watter Slang is dit? Johan Marais. Struik Uitgewers. 2008.
Verwysings
Kategorie:Adders