200px|links duimnael|220px|'n Lacoste-tennishemp duimnael|regs|200px|'n Polohemp se uitleg 'n Polohemp – ook bekend as 'n gholfhemp of tennishemp (alhoewel dié soort hemde as sportkledingstukke van 'n mengsel van sintetiese materiale vervaardig word) – is 'n hemp met kortmoue en 'n sagte kraag wat slegs bo toegeknoop kan word. Net soos T-hemde word dit oor die kop aangetrek.

Alhoewel dit oorspronklik as sportkleding ontwerp is – vandaar die benaming – en meestal van ligte en sweetabsorberende materiaal soos katoen of katoenpikee vervaardig word, word die polohemp deur sowel mans as vroue in 'n verskeidenheid style gedra wat van formeel tot semi-formeel kan strek.Gentleman's Gazette – The Ultimate Polo Shirt Guide. Besoek op 22 Junie 2016

Die polohemde van enkele luukse mode-etikette soos Lacoste (Frankryk), Tommy Hilfiger, Ralph Lauren (albei Verenigde State) en Fred Perry (Verenigde Koninkryk) het ikoonstatus in die modewêreld bereik.

'n Roklengteweergawe van die hemp is bekend as 'n polorok.

Verwysings

Eksterne skakels Gholfhemde vir dames www.sarie.com: Van die gholfbaan tot die loopplank

Polohemde vir mans – stylgidse GQ South Africa: Can I Wear a Polo Shirt Under a Blazer? Besoek op 22 Junie 2016

Polohemp