Die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK) is die grootste liggaam van Gereformeerde kerke in die wêreld en die vyfde grootste Christelike gemeenskap in die wêreld, na die Rooms-Katolieke Kerk, die Oosters-Ortodokse Kerk, die Anglikaanse Gemeenskap en die Wêreld Metodisteraad.Reformed Ecumenical CouncilWorld Alliance of Reformed ChurchesThe Anglican Communion Official Website—Welcome Dit het 229 denominasies as lede in 108 lande, wat na raming ongeveer 80 miljoen mense verteenwoordig. Hierdie Christelike ekumeniese liggaam is gevorm in Junie 2010 deur die samesmelting van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (World Alliance of Reformed Churches, of WARC) en die Gereformeerde Ekumeniese Raad (Reformed Ecumenical Council, of REC).
Onder die grootste denominasies in die WGGK is die Presbiteriaanse Kerk van Afrika, Presbiteriaanse Kerk van Nigerië, Presbiteriaanse Kerk van Oos-Afrika, die Verenigde Kerk van Kanada, Presbiteriaanse Kerk in die VSA, die Gereformeerde Kerk in Hongarye, die Gereformeerde Kerk in Roemenië, Protestantse Kerk in Indonesië, en die Kerk van Skotland. Die denominasies wat lede is van die WGGK kan in die geheel as meer liberaal beskou word as die lede van die Internasionale Konferensie van Gereformeerde Kerke (International Conference of Reformed Churches) of die World Reformed Fellowship, wat ook groot Gereformeerde ekumeniese liggame is.
Geskiedenis Na 'n tweedag-vergadering wat eindig op 1 Februarie 2006, het Douwe Visser, voorsitter van die Gereformeerde Ekumeniese Raad en Clifton Kirkpatrick, voorsitter van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, in 'n gesamentlike brief aan hul lidkerke gesê: "Ons is verheug oor die werk van die Heilige Gees wat ons glo ons daartoe gelei het om aan te beveel dat die tyd aangebreek het om die werk van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke en die Gereformeerde Ekumeniese Raad saam te bring in een liggaam wat die eenheid en getuienis van Gereformeerde Christene kan uitbou."
Nadat die potensiële liggaam aanvanklik "Gereformeerde Wêreldgemeenskap" genoem is, is dit verander in "die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke".
'n Verenigde Algemene Raad van die WGGK, wat die organisasie byeengebring het, het plaasgevind vanaf 18-26 Junie 2010 by Calvin College in Grand Rapids, MI, VSA. Die byeenkoms het as hooftema daarop gefokus om die "eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe" soos genoem in Efesiërs 4:3. Dit het 'n toon van wedersydse begrip en aanvaarding onder lidkerke en geassosieerde kerke te vestig, om verskille en ander kwessies ter syde te stel terwyl hulle kon begin om saam met mekaar op reis te gaan terwyl elkeen poog om te onderskei wat die wil van God is en voortgaan in die stryd om geregtigheid en vrede in die wêreld.
Werk In 2010 het die Verenigende Algemene Vergadering gesê die WGGK moet "geroepe wees tot gemeenskap en verbind tot geregtigheid." Die twee belangrikste programkantore fokus daarom op hierdie aspekte, met teologiese werk ingesluit onder gemeenskap. Die Kantoor vir Teologie en Gemeenskap dien as koördineerder vir amptelike gesprekke met ander godsdienstige organisasies, organiseer 'n twee-jaarlikse Global Institute of Theology, en bring Gereformeerde teoloë byeen vir allerlei besprekings. Die Kantoor vir Geregtigheid bevorder ekonomiese, ekologiese en menslike geregtigheid, en baseer baie van hulle werk op die Accra-belydenis, 'n verklaring wat in 2004 by die Algemene Vergadering van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (World Alliance of Reformed Churches, WARC) aanvaar is en in 2010 herbevestig is by die Verenigende Algemene Vergadering van die WGGK.
Die WGGK het ook 'n Algemene Sekretariaat wat die sekretaris-generaal se kantoor en die kommunikasiekantoor insluit, en na ander organisatoriese verantwoordelikhede omsien. Die huidige algemene sekretaris is die ds. Chris Ferguson, 'n predikant van die United Church of Canada. Deur die Algemene Sekretariaat bevorder die WGGK dialoog tussen kerke, beywer die WGGK hulle vir sake van wêreldbelang, en ondersteun hulle die aktiwiteite van hulle lidkerke op verskillende maniere.
Die wêreldwye hoofkantoor van die WGGK is in 2013 weens kosteoorwegings van Genève, Switserland, verskuif na Hannover, Duitsland, terwyl daar ook 'n takkantoor in Grand Rapids, Michigan, VSA is.
Algemene Sekretaris Chris Ferguson is 'n predikant, teoloog en kampvegter vir sosiale geregtigheid van die United Church of Canada. Hy is in Mei 2014 tot sekretaris-generaal van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke verkies, en het sy sewejaartermyn op 1 Augustus 2014 begin. Ferguson het voorheen gedien as internasionale ekumeniese adviseur vir die Program vir Ekumeniese Begeleiding in Colombië (2011–2014), as verteenwoordiger van die Wêreldraad van Kerke (WRK) by die Verenigde Nasies (2006–2010), as die Wêreldraad van Kerke se verteenwoordiger in Jerusalem (2004–2006) en as uitvoerende beampte van die United Church of Canada se Eenheid vir Geregtigheid, Globale en Ekumeniese Betrekkinge (2002–2004).
Lede van die Gemeenskap duimnael|400x400px|Rooi lande is die tuiste van minstens een lid van die Wêreld Gemeenskap van Gereformeerde KerkeDie volgende is 'n lys van die WGGK se lidkerke in Februarie 2016: Algerië Protestant Church of Algeria/Église Protestante d'Algérie Angola Evangelical Congregational Church in Angola/Igreja Evangélica Congregacional em Angola (IECA) Evangelical Reformed Church of Angola/Igreja Evangélica Reformanda de Angola (IERA) Argentinië Evangelical Church of the River Plate/Iglesia Evangélica del Rio de la Plata Evangelical Congregational Church in Argentina/Iglesia Evangélica Congregacional Australië Congregational Federation of Australia Uniting Church in Australia Oostenryk Evangelical Church of the Helvetic Confession in Austria/Evangelische Kirche HB (Reformiert) in Österreich Bangladesh Church of Bangladesh Evangelical Reformed Presbyterian Church in Bangladesh België Église Protestante Unie de Belgique/Verenigde Protestantse Kerk in België Bolivië Evangelical Presbyterian Church in Bolivia/Iglesia Evangélica Presbiteriana en Bolivia Botswana Nederduitse Gereformeerde Kerk in Botswana Brasilië Evangelical Reformed Churches in Brazil/Igrejas Evangélicas Reformadas no Brasil Independent Presbyterian Church of Brazil/Igreja Presbiteriana Independente do Brasil United Presbyterian Church of Brazil/Igreja Presbiteriana Unida do Brasil Bulgarye Union of Evangelical Congregational Churches in Bulgaria/Evangelaska Kongreschanska Zewrkwa Burkina Faso Association of Reformed Evangelical Churches of Burkina Faso/Église évangélique reformée du Burkina Faso Kameroen Africa Protestant Church/Église protestante africaine Evangelical Church of Cameroon/Église évangélique du Cameroun Presbyterian Church in Cameroon/Église presbyterienne camerounaise Kanada Christian Reformed Church in North America The Presbyterian Church in Canada/L'Église presbytérienne au Canada Reformed Church in America The United Church of Canada/L'Église unie du Canada Sentraal Afrikaanse Republiek Protestant Church of Christ the King/Église Protestante du Christ-Roi Chili Evangelical Presbyterian Church in Chile/Iglesia Evangélica Presbiteriana en Chile Presbyterian Church of Chile/Iglesia Presbiteriana de Chile Sjina, Hong Kong The Hong Kong Council of the Church of Christ in China Sjina, Volksrepubliek China Christian Council (assosiaatlid) Colombië Presbyterian Church of Colombia/Iglesia Presbiteriana de Colombia (Synodo presbiteriano) Kongo, Demokratiese Republiek van die Evangelical Community in the Congo/Communauté évangélique du Congo Presbyterian Community in the Congo/Communauté presbytérienne au Congo Presbyterian Community of Eastern Kasai/Communauté presbytérienne du Kasai oriental Presbyterian Community of Kinshasa/Communauté presbytérienne de Kinshasa Presbyterian Community of Western Kasai/Reformed Presbyterian Community in Africa/Communauté presbytérienne au Kasai occidental/Communauté presbytérienne réformée en Afrique Reformed Community of Presbyterians/Communauté Réformée des Presbytériens Kongo, Republiek van die Evangelical Church of Congo/Église évangélique du Congo Costa Rica Costa Rican Presbyterian Evangelical Church/Iglesia Evangélica Presbiteriana Costarricense Kroasië Reformed Christian Church in Croatia/Reformirana Krscanska Crkva U Hrvatskoj Cuba Presbyterian Reformed Church in Cuba/Iglesia Presbiteriana-Reformada en Cuba Tsjeggiese Republiek Evangelical Church of Czech Brethren/Evangelische Kirche der Böhmischen Brüder/Ceskobratrská Cirkev Evangelická Denemarke Reformed Synod of Denmark/Den reformerte Synode i Danmark Dominikaanse Republiek Christian Reformed Church in the Dominican Republic Dominican Evangelical Church/Iglesia Evangélica Dominicana Egipte Evangelical Church of Egypt (Synod of the Nile)/El-Kanisah El-Injiliyah El Salvador Reformed Calvinist Church of El Salvador/Iglesia Reformada Calvinista de El Salvador Equatorial Guinea Reformed Presbyterian Church of Equatorial Guinea/Iglesia Reformada Presbiteriana de Guinea Ecuatorial Ethiopië Ethiopian Evangelical Church Mekane Yesus/Ye Etiopia Wangelawit Betakristian Makane Yesus Frankryk Malagasy Protestant Church in France/Église Protestante Malgache/Fiangonana Protestanta Malagasy National Union of Protestant Reformed Evangelical Churches of France/Églises protestantes réformées évangeliques de France (UNEPREF, formerly EREI) Reformed Church of Alsace and Lorraine/Église Réformée d'Alsace et de Lorraine United Protestant Church of France/Église protestante unie de France Germany Church of Lippe/Lippische Landeskirche Evangelical Reformed Church in Bavaria and Northwestern Germany (Synode evangelisch-reformierter Kirchen in Bayern und Nordwestdeutschland) Reformed Alliance/Reformierter Bund Evangelical Old-Reformed Church in Lower Saxony Ghana Evangelical Presbyterian Church, Ghana/Presbyteria Nyanyui Hame le Ghana Presbyterian Church of Ghana Griekeland Greek Evangelical Church/Helliniki Evangeliki Ekklesia Grenada Presbyterian Church in Grenada Guatemala National Evangelical Presbyterian Church of Guatemala/Iglesia Evangélica Nacional Presbiteriana de Guatemala Guyana Guyana Congregational Union Guyana Presbyterian Church Presbyterian Church of Guyana Honduras Christian Reformed Church of Honduras/Iglesia Cristiana Reformada de Honduras Hongarye Reformed Church in Hungary/Magyarországi Református Egyház Indië Church of North India Church of South India The Congregational Church of India (Maraland) Evangelical Church of Maraland Presbyterian Church of India Reformed Presbyterian Church, North East India Indonesië Christian Church in Central Sulawesi Christian Church in Luwuk Banggai Christian Church in South Sulawesi Christian Church of Southern Sumatra (GKSBS) Christian Church of Sumba (GKS) Christian Churches of Java Christian Evangelical Church in Bolaang Mongondow Christian Evangelical Church in Minahasa Christian Evangelical Church in Timor Church of Toraja Mamasa (GTM) The East Java Christian Church Evangelical Christian Church in Halmahera Evangelical Christian Church in West Papua Evangelical Church in Kalimantan Indonesia Christian Church Indonesian Protestant Church in Buol Toli-Toli Indonesian Protestant Church in Donggala Indonesian Protestant Church in Gorontalo Javanese Christian Churches (GKJ) Karo Batak Protestant Church Pasundan Christian Church Protestant Christian Church in Bali Protestant Church in Indonesia Protestant Church in the Moluccas Protestant Church in Southeast Sulawesi Protestant Church in West Indonesia Sangihe-Talaud Evangelical Church Toraja Church Iran Synod of the Evangelical Church in Iran Ireland Presbyterian Church in Ireland Italië Waldensian Evangelical Church (Union of Methodist and Waldensian Churches)/Chiesa Evangelica Valdese