Die Suidelike adder (Bitis armata) is 'n adder wat voorkom in die Suidwes-Kaap in laaggeleë kusfynbos. In Engels staan die slang bekend as die Southern Adder.
Identifikasie Die slang word tot 400mm lank. Dit het klein klossies horings aan die bokant van die oë. Die slang skuil onder kalksteenklipbaaie. Dit vreet akkedisse en knaagdiertjies. Die wyfie bring tot 7 kleintjies voort in die somer. Die slang is vroeg in die oggende of saans op sy aktiefste.
Sien ook Alfabetiese lys van slange
Bron Watter Slang is dit? Johan Marais. Struik Uitgewers. 2008.
Verwysings
Kategorie:Adders