Die Woestynbergadder (Bitis xeropaga) is 'n adder wat in die omgewing van die Oranjerivier, naby of in die Richtersveld aangetref word. In Engels staan dit bekend as die Desert Mountain Adder.

Identifikasie Die slang is skaars, het 'n driehoekige kop en dowwe grys voorkoms. Dit is dof gekleur, is goed gekamoefleer en begrawe homself nie in die sand soos ander adders nie. Dit verkies droë, klipperige heuwelhange om in te leef. Die wyfie kan tot 5 kleintjies hê in die somer.

Sien ook Alfabetiese lys van slange

Bron Watter Slang is dit? Johan Marais. Struik Uitgewers. 2008.

Verwysings

Kategorie:Adders