Die Goughstreepkoppie (Rowettia goughensis) is 'n algemene standvoël en endemies aan Gougheiland. In Engels staan dit bekend as die Gough Bunting.

Identifikasie Die voël word tot 16 cm groot en is demorfies. Die wyfie lyk soos die onvolwasse voël, net ryker gekleur; hulle is ornaje-vaalbruin met 'n swartbeffie op die keel. Die mannetjie is swaar gestreep.

Die voël bly in pare of in klein groepies saam en soek kos op die grond. Hulle klouter ook oor graspolle en Phylica-struike op soek na kos. Die voël is nuuskierig en nie bang vir mense nie.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010.

Verwysings

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies