Musieksimbole is die merke en simbole wat vanaf omtrent die 13de eeu gebruik word in musieknotasie van bladmusiek om toonhoogte, ritme, tempo – en in sekere mate die artikulasie (bv. ’n komposisie in sy grondvorm) weer te gee. Sedert die 13de eeu het die notasie egter talle veranderings deurgemaak. Hieronder word die huidige eindproduk, die moderne notasie beskryf.

Lyne {| style="vertical-align: middle; margin-bottom: 10px;" | width="12.5%" | 100x100px |Balk Die balk is die grondslag van musieknotasie waarop simbole geplaas word. Die vyf balklyne en vier spasies tussenin stem ooreen met toonhoogtes op die diatoniese toonleer – die toonhoogte wat aangedui word deur ’n spesifieke lyn of ruimte word bepaal deur die sleutel. |- | width="12.5%" | 100x100px |Hulplyne Hulle vergroot die balk tot toonhoogtes wat daarbo of daaronder val. Hierdie hulplyne word agter die kop van die noot geplaas en steek ’n klein entjie aan weerskante uit. Etlike hulplyne kan wanneer nodig gebruik word om toonhoogtes wat ver bo of onder die balk lê, te noteer. |- | width="12.5%" | 100x100px |Maatstreep, maatlyn Hulle skei mate (sien tydmaattekens hieronder vir ’n verduideliking van mate). Word ook gebruik vir veranderinge in tydmaatteken. Maatstrepe word in sekere soorte musiek, soos in klawerbord-, harp en dirigentpartiture, verleng om etlike balke te verbind, maar word in ander soorte musiek soos in musiek vir stem, uitgelaat. |- | width="12.5%" | 100x100px |Dubbelmaatlyn, dubbelmaatstreepHulle skei twee dele musiek word of voor ’n verandering in toonaard geplaas. |- | width="12.5%" | 100x100px |Vet dubbelmaatlyn, vet dubbelmaatstreep Dit dui die einde van ’n beweging of ’n hele komposisie aan. |- | width="12.5%" | 100x100px |Stippelmaatlyn, stippelmaatstreep Onderverdeel lang mate met komplekse metrum in korter segmente vir leesgemak, gewoonlik volgens natuurlike ritmiese onderverdelings. |- | width="12.5%" | 65x65px |Hakie Verbind twee of meer reëls musiek wat gelyktydig gespeel word. In algemene kontemporêre gebruik verbind die hakie gewoonlik die balke van afsonderlike instrumente (bv. fluit en klarinet; 2 trompette; ens.) of etlike stempartye in ’n koor of ensemble, terwyl die balkhakie etlike dele vir ’n enkele instrument (bv. die regter- en linkerhandbalk vir klavier- of harpmusiek) verbind. |- | width="12.5%" | 85x85px |Balkhakie Verbind twee of meer reëls musiek wat gelyktydig gespeel word in musiek vir klawerbord, harp of party slaginstrumente met toonhoogte.U+007B left curly bracket by decodeunicode.org; afgelaai op 3 Mei 2009 Afhangende van die instrumente wat bespeel word, wissel die balkhakie (soms ook ’n "akkolade" genoem) in voorkoms.

Sleutels Sleutels bepaal die omvang van toonhoogte, of tessituur, van die balk waarop dit geplaas is. ’n Sleutel verskyn gewoonlik heel links op die balk. Bykomende sleutels kan in die middel van ’n balk verskyn om ’n verandering in register vir instrumente met ’n groot omvang aan te dui. In vroeë musiek kon sleutels op enige lyn op die balk geplaas word. 100x100pxG-sleutel (Diskantsleutel) Die middel van die spiraal definieer die lyn of spasie waarop dit rus as die G bo middel-C, of ongeveer 392 Hz. In hierdie posisie ken dit aan die G bo middel-C die tweede lyn van onder op die balk toe, en dit word die "diskantsleutel" genoem. Dit is die algemeenste sleutel in moderne notasie en word vir die meeste vokale musiek gebruik. Middel-C is die eerste hulplyn onder hierdie balk. Die vorm van die sleutel word afgelei van ’n gestileerde hoofletter G. 100x100pxC-sleutel (Sopraan-, Alt-, Tenoor- en Bassleutel) Hierdie sleutels dui die lyn (of selde die spasie) aan waar middel-C, ongeveer 262 Hz, lê. Soos hier getoon, lê middel-C op die middelste lyn van die balk, en dit word die "altsleutel" genoem. Hierdie sleutel word in moderne notasie vir die altviool gebruik. Hoewel alle sleutels op enige plek op die balk geplaas kan word om verskeie tessiture aan te dui, word die C-sleutel die algemeenste as ’n "beweegbare" sleutel beskou. Dit wys dikwels ook na die vierde lyn en word ’n "tenoorsleutel" genoem. Hierdie sleutel word dikwels in musiek gebruik wat vir die fagot, tjello, tromboon en kontrabas geskryf if; dit vervang die bassleutel wanneer die aantal hulplyne bo die bassleutel lees bemoeilik. C-sleutels is in vokale musiek van die klassieke tydperk en vroeër gebruik. In Renaissance-musiek kan die sleutel op enige lyn voorkom en ook verander van balk tot balk. Vir instrumentaliste is dit moeilik om te lees. Vandag is daarom die gebruik daarvan hoofsaaklik vervang deur die universele gebruik van die diskant- en bassleutel. Moderne uitgawes van musiek uit daardie tydperk transponeer gewoonlik die oorspronklike C-sleuteldele na óf die diskantsleutel (vrouestemme); oktaafdiskantsleutel (tenore) of bassleutel (tenore en basse). Die C-sleutel kan soms in moderne musiek gesien word op die derde spasie (tussen die derde en vierde lyn), waar dit dieselfde funksie as die oktaafdiskantsleutel het. Hierdie ongewone gebruik veroorsaak egter die risiko dat daar verkeerd gelees sal word, omdat die tradisionele funksie van alle sleutels is om balklyne, nie -ruimtes, te identifiseer. 100x100pxF-sleutel (Bassleutel) Die lyn of spasie tussen die kolletjies van hierdie sleutel wys na F onder middel-C, of ongeveer 175 Hz. Hier dui dit op die tweede lyn van bo van die balk as waar F onder middel-C lê, en dit word ’n "basseutel" genoem. Hierdie sleutel verskyn byna so dikwels as die diskantsleutel, veral in koormusiek, waar dit die bas- en baritonstem verteenwoordig. Middel-C is hier die eerste hulplyn bo die balk. In ou musiek, veral in vokale musiek, kom hierdie sleutel soms voor gesentreer op die derde balklyn, waar dit ’n baritonsleutel genoem word, maar dit het basies in onbruik verval. Die vorm van die sleutel word afgelei van ’n gestileerde hoofletter F. Die twee puntjies gee die twee horisontale strepies van die F weer. 100x100px 100x100pxNeutrale sleutel Gebruik vir instrumente sonder toonhoogte, soos party slaginstrumente. Elke lyn kan ’n spesifieke slaginstrument in ’n stel verteenwoordig, soos in ’n tromstel. Twee style neutrale sleutels word hier uitgebeeld. Dit kan ook geteken word met ’n afsonderlike enkellynbalk vir elke slaginstrument sonder toonhoogte. 123x123pxOktaafsleutel Diskant- en bassleutels kan ook gewysig word deur oktaafnommers. ’n Agt of vyftien bo ’n sleutel verhoog die omvang van toonhoogtes met een of twee oktawe onderskeidelik. ’n Agt of vyftien onder ’n sleutel verlaag die omvang van toonhoogte eweneens met een of twee oktawe onderskeidelik. ’n Diskantsleutel met ’n agt daaronder word die meeste gebruik, gewoonlik vir kitaar en soortgelyke instrumetne. 120x120pxTablatuur Vir snaarinstrumente is dit moontlik om tablatuur te noteer in plaas van gewone note. In hierdie geval word ’n TAB-teken dikwels geskryf in plaas van ’n sleutel. Die hoeveelheid lyne van die balk is nie noodwendig vyf nie: een lyn word vir elke snaar van die instrument gebruik (daar sal dus ses lyne gebruik word vir standaard-6-snaarkitare). Nommers op die lyne wys op watter riggel die drukpunt vir die snaar is. Hierdie TAB-teken is, soos die slaginstrumentsleutel, nie ’n sleutel in die ware sin van die woord nie, maar eerder ’n simbool wat in die plek van ’n sleutel gebruik word. Die horisontale lyne is ook nie ’n balk in die gewone sin van die woord nie, omdat die spasies tussen die lyne in ’n tablatuur nooit gebruik word nie.

Note en rustekens Musieknoot- en rustekenwaardes word nie in die absolute sin gedefinieer nie, maar is in verhouding tot alle ander noot- en rustekenwaardes. Die heelnoot is ’n verwysingswaarde, en die ander note word in vergelyking daarmee benoem; bv. ’n kwartnoot is ’n kwart van die duur van ’n heelnoot. NootNaamRusteken 100x100px Larga (Latyns: Maxima) / Agtvoudige heelnoot  100x100px 100x100pxLonga / Viervoudige heelnoot 100x100px 100x100px Brewis / Dubbelheelnoot 100x100px 100x100pxHeelnoot 100x100px 100x100pxHalfnoot 100x100px 100x100px Kwartnoot 100x100px 100x100pxAgtstenoot Vir note van hierdie lengte en korter het die noot dieselfde aantal vlaggies (of hakies) as wat die rusteken takkies het. 100x100px 100x100px Sestiendenoot 100x100px 100x100px Twee-en-dertigstenoot 100x100px 100x100pxVier-en-sestigstenoot 100x100px 100x100pxHonderd-agt-en-twintigstenoot 100x100px 100x100pxTweehonderd-ses-en-vyftigstenoot 100x100px 100x100pxNote met dwarsbalkies Dwarsbalkies verbind agtstenote en note met korter waardes en beteken dieselfde as vlaggies (of hakies). In musiek met ’n vaste tydmaat, toon dwarsbalkies ook die ritmiese groepering van note. Hulle kan ook kort frases van note van dieselfde waarde verbind, ongeag die tydmaat. Dit is algemener in mate sonder vaste metrum. In ouer uitgawes van vokale musiek, word dwarsbalkies net gebruik wanneer etlike note op een lettergreep van die teks gesing moet word  – melismatiese gesang; moderne notasie moedig die gebruik van dwarsbalkies aan sodat dit konsekwent is met instrumentele bladmusiek en die dwarsbalkies of vlaggies dra nie meer inligting aan die sanger oor nie. Vandag word die gebruik van dwarsbalkies oorgelaat aan die goeddunke van die komponis of verwerker, wat dikwels onreëlmatige dwarsbalkies gebruik om ’n spesifieke ritmiese patroon aan te dui, aangesien daar soveel musiek is waarin tradisionele tydmaattoestande nie altyd vanselfsprekend is nie. 100x100pxGepunteerde noot Wanneer ’n punt regs van die kop van ’n noot geplaas word, word die duur van die noot met die helfte verleng. Bykomende punte verleng die vorige punt in plaas van die oorspronklike noot; gevolglik het ’n noot met een punt een en ’n half keer die waarde van die oorspronklike noot, ’n noot met twee punte het een en driekwart die waarde van die oorspronklike en ’n noot met drie punte een en sewe agtstes, ensovoorts. Rustekens kan op dieselfde manier as note gepunteer word. Lêer:Ghost note.pngDooie noot ’n Noot met ’n ritmiese waarde maar geen waarneembare toonhoogte nie. Dit word verteenwoordig deur ’n "X" vir die kop van die noot in plaas van ’n ovaal. 100x100pxVeelmaatrusteken Dui die aantal mate aan in ’n rustende party sonder ’n verandering in tydmaat om plek te spaar en notasie te vereenvoudig. Note wat korter as 64ste note is, is seldsaam maar nie onmoontlik nie. 128ste-note word deur baie komponiste gebruik, onder andere Mozart en Beethoven; 256ste-note kom in werke deur Vivaldi, Mozart en Beethoven voor. ’n Uiterste geval is die Toccata Grande Cromatica deur die vroeg-19de-eeuse Amerikaanse komponis Anthony Philip Heinrich, wat nootwaardes van tot 2 048stes gebruik. Die konteks toon egter duidelik dat hierdie note een dwarsbalkie meer het as wat bedoel is, hulle moes dus in werklikheid 1 024ste-note gewees het.Byrd, Donald (16 Desember 2014).

Pouses 100x100pxAsempouse In bladmusiek wys hierdie simbool vir die kunstenaar om asem te haal (of om ’n klein pouse te laat vir nieblaasinstrumente). Hierdie pouse raak gewoonlik nie die algehele tempo nie. Vir strykers is dit ’n aanduiding om die strykstok op te tel en die volgende noot met ’n afwaartse (of opwaartse, indien so aangedui) beweging van die strykstok te speel. 100x100pxSesuur Dui ’n kort pouse aan, waartydens tyd nie getel word nie. In ensemblespel begin die tyd weer wanneer die dirigent of leier dit aandui. By die klavier beteken dit gewoonlik dat die speler al die klawers en pedale moet los.

Toevallige tekens en toonsoorttekens

Algemene toevallige tekens  Toevallige tekens wysig die toonhoogte van die note wat op dieselfde balk in ’n maat daarop volg, tensy dit deur ’n bykomende toevallige teken gekanselleer word. 100x100pxMol Verlaag die toonhoogte van ’n noot met een halftoon. 100x100pxKruis Verhoog die toonhoogte van ’n noot met een halftoon. 100x100pxHerstelteken Kanselleer die vorige toevallige teken, of wysig die toonhoogte van ’n kruis of mol soos deur die heersende toonsoortteken gedefinieer (soos F-kruis in G-majeur). 100x100pxDubbelmol