Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Albanees.
duimnael|links|Verspreiding van Albanese in Suidoos-Europa Die Albanese (Albanees: Shqiptarët) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Albanië en aangrensende lande wat Albanees, 'n Indo-Europese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Albanië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 82,6% van dié land se bevolking uit. In Kosovo het Albanese sowat 93% van die bevolking uitgemaak.
Albanese deel 'n gemeenskaplike afkoms, kultuur en geskiedenis, maar dié term verwys soms ook na die hele bevolking van Albanië.
Wêreldwyd is daar tussen 7,5 en 12,2 miljoen Albanese, waarvan sowat 2,8 miljoen in Albanië en 1,6 miljoen in Kosovo. In Turkye is daar tussen 500 000 en 5 miljoen Albanese, in Italië 800 000 en in Noord-Masedonië 509 083. Na die einde van die Koue Oorlog het Albanese hulle veral as trekarbeiders in Wes-Europese lande soos Duitsland en Switserland asook in die Verenigde State gevestig.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Afrika Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Turkye Kategorie:Kosovo Kategorie:Etniese groepe in Bosnië en Herzegowina Kategorie:Etniese groepe in Italië