duimnael|links|140px|’n Standbeeld van Peter Falk as Columbo saam met sy hond in Boedapest, Hongarye.

Peter Michael Falk (16 September 1927 – 23 Junie 2011) was ’n Amerikaanse akteur van Joodse afkoms, wat die beste bekend was vir sy rol as luitenant Columbo in die televisiereeks Columbo.

Loopbaan Falk het sy toneelloopbaan in 1956 op die verhoog begin met ’n rol in Dom Juan. Later dié jaar het hy sy Broadway-debuut gemaak in Enough Stupidity in Every Wise Man en in dieselfde jaar was hy te sien in Saint Joan.IMdb-profiel

Hy het daarna in verskeie rolprente verskyn, soos The Princess Bride, The Great Race, It's a Mad, Mad, Mad, Mad World en Murder by Death, sowel as in verskeie gasrolle op televisie.

In 1971 het hy saam met Gene Barry in ’n TV-reeks oor ’n rustige, talentvolle speuder, Columbo, begin speel wat tot in 1978 geduur en tussen 1989 en 2003 sporadies teruggekeer het. Volgens die historikus David Fantle was hy "almal se gunsteling gekreukelde televiespeurder".Fantle, David, en Johnson, Tom. Twenty-five Years of Celebrity Interviews, Badger Books (2004) pp. 216–17

Falk is twee keer vir ’n Oscar benoem: vir Murder, Inc. (1960) en Pocketful of Miracles (1961), en het die Emmy vyf keer gewen (vier keer vir Columbo) en die Golden Globe een keer.

In 1996 het TV Guide hom as nommer 21 gelys van die 50 grootste TV-sterre van alle tye.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2011 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu